• VHM

Nitty Gritty . . .

Author: Adri Schoeman


"Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie." - OPENBARING 3:11 AFR53


Hoe lewe ons? Is ons dienaars van ons Vader of het ons nog afwykings?

Wat is die begeerte van ons hart, om naby God te wees en in SY wil te leef, of het ons nog ander "goetertjies"  Ons lewens is God sin. Ons wil moet altyd wees in God se wil.

Ons weet nie hoe kort is ons tydjie op hierdie aarde nie, enige oomblik kan ons laaste oomblik wees. Die lewe kan in 'n oogwink vir enige een van ons verby wees.

Wat ek skrywe , pleit ek onder die bloed van Jesus Christus, ek spreek niks oor ons uit nie, en vra ABBA Vader om ons te bewaar om te kan regmaak wat verkeerd is.


Is ons saak reg met GOD?

Is ons saak reg met ons familie, hier is hoeveel van ons wat "sake" het met ons direkte familie, moeders en dogters, HERE ek bid dat U hulle sal genees, Sussies en boeties, HERE ek bid dat U hulle bymekaar sal bring. VADERS en seuns, HERE ek bid vir 'n uitweg sodat hulle kan leef soos U dit behaag.


Pa's en dogters, moeders en seuns.  Ek weet hoe kort is die lewe, ek weet hoe dit voel wanneer jy nie met 'n direkte gesinslid oor die weg kan kom nie, ek was daar. Ek dank die HERE dat HY my gelei het, dat ek nooit griewe gehou het nie, ek dank die HERE dat HY my gelei het om die "NITTY GRITTY" nonsens te gelos het, en vrede gemaak het en nie maande en jare in onmin met hulle geleef het nie. Ek dank die HERE dat HY ons geliefd vir mekaar gemaak het.  Ek is ook deur 'n egskeiding ouerhuis, waar die vader van die huis nie sy priesterskap opgeneem en ons as gesin gelei het na God se wil nie.


Ek kannie sê dit was altyd so nie, ek kannie sê hy het ons nie die regte weë gewys nie, maar satan het kom steel vermoor en vernietig. Maar satan kon nie my GEES SIEL EN LIGGAAM steel nie. Ek het hom in my lewe so baie bestraf, en vir hom duidelik laat verstaan, jy kan maak wat jy wil, maar my GEES SIEL EN LIGGAAM is die Here sin. Al staan ek skuldig, voor Vader dat ek nie die moeder was wat ek moes wees vir my kinders nie, dank ek GOD dat ek en my kinders mekaar gevind het, dat ons die NITTY GRITTY goed uit die weg kon ruim, dat GOD vir ons die weg oopgemaak het om saam HOM te dien.


Wat is jou NITTY GRITTY goed wat jou vandag keer om jou kind te bel en te sê, mamma/pappa is baie lief vir jou , ek mis jou, ek verlang na jou. Wat keer jou vandag om jou  boetie/sussie te bel of te kuier en te sê, ek mis jou ek verlang, ek het jou lief? Wat keer jou vandag om mamma/pappa te bel en te sê ek het jou baie lief ek mis jou en ek verlang na jou, wat se klip lê in jou pad.


GOD verwyder vandag daardie NITTY GRITTY klip en maak jou weg oop. WAT kies JY om te doen.    Vader Almagtige God van Hemel en aarde, in hierdie dag is daar baie NITTY GRITTY nonsens wat ons keer om regtig naby ons geliefdes te kom. HERE ek dank U dat U alreeds die klip verwyder het, ek DANK U dat U my die geleentheid gegee het om nou reg te maak, want môre of vemiddag of venaand is dalk nie meer nie.  Here U is heerser van my gees siel en liggaam, ek gee my oor aan U wil, Heilige Gees lei my om die regte woorde te vind, om te herstel wat die vyand probeer steel het. Amein


#VHMinistry #AdriSchoeman #GeestelikGroei

Recent Posts

See All
Enquiries about our courses

+2764 902 4925

vhministry@outlook.com

 

22 Jeremy Street

Hadison Park

Kimberley

  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon

created by Melissa Holtzhausen