Die kind van God bring lewe waar hul gaan
Author: Venessa Holtzhausen
"Hoe lieflik is u woninge, o Here van die leërskare! My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, Here van die leërskare, my Koning en my God! Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion. Here , God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela. o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde. Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid. Want die Here God is 'n son en skild; die Here sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. Here van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"
PSALMS 84:2-13 AFR53
Die kind van God bring lewe waar hul gaan.
Laat ons ook vandag vreugde, vrede en liefde saai waar ons gaan en elke vesting neerwerp in Jesus Christus Naam.